Sarie Marais

1.
My Sarie Marais is so ver van my hart,Maar 'k hoop om haar weer te sien.Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,Nog voor die oorlog het begin.
Refrein
O bring my trug na die ou Transvaal,Daar waar my Sarie woon:Daar onder in die mielies by die groen doringboomDaar woon my Sarie Marais,Daar onder in die mielies by die groen doringboomDaar woon my Sarie Marais.
2.
Ek was so bang, dat die kakies my sou vangEn ver oor die see wegstuur;Toe vlug ek na die kant van die Upington se sandDaar onder langs die Grootrivier.
3.
Die kakies is mos net soos 'n krokodillepesHul sleep jou altyd watertoe.Hulle gooi jou op 'n skip vir 'n lange lange tripDie josie weet waarna toe.
4.
Verlossing het gekom,en die huistoe gaan was daar,Trug na die ou Transvaal,My liewelingspersoon sal seker ook daar weesOm my met 'n kus te beloon.